Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - Op 18 Julie het die lig letterlik geskyn by Lighthouse, waar Mandela-dag op buitengewone wyse gevier is. 
Onder die inspirerende leiding van Elsa Doubell, eienaar van Lighthouse, is daar ‘n projek van mede-deelsaamheid en omgee van ongekende omvang op die been gebring - 'n ware viering van Madiba se nalatenskap. 

Die omvang van die dag se reëlings was indrukwekkend: 1 500 kospakkies is voorberei en versprei, elk propvol noodsaaklike produkte om families oor moeilike dae te help dra, 750 mense is bedien met warm sop en varsgebakte brood - ’n eenvoudige, maar hartverwarmende maaltyd wat vir baie die eerste regte bord kos in dae was. 
Klere is aan honderde vol-wassenes en kinders uitgedeel, wat met dankbaarheid warm jasse, skoene, hemde en kinderklere ontvang het - alles skenkings van mede-burgers en sakeondernemings wat omgee. 
Mandela-dag 2025 sal onthou word as die dag toe ‘n gemeenskap, onder leiding van ‘n vrou met ‘n visie, besluit het om meer lig as donker te bring.