Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *


Hoërskool Kathu  se eie Mej Noord-Kaap Tiener 2023/24, Minke Barendse (gr. 9), het die afgelope skoolvakansie aan SACOPA - South African Championship of Performing Arts - in Rustenburg deelgeneem. 
Minke het ‘n goue medalje in die Modelwerk afdeling verwerf en het ook gekwalifiseer vir die SA-Span wat in Julie 2024 aan die Wêreld Kampioenskappe in Los Angeles - in die VSA - gaan deelneem.
 

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys kan met vertroue verklaar dat ons ten volle bereid is om die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamens te administreer gebaseer op die beginsels van regverdigheid, geloofwaardigheid en integriteit.
 Verskeie programme en planne is in plek gestel om seker te maak dat vanjaar se eksamens glad verloop. Die eindeksamen vir graad 12’s sal op Dinsdag, 24 Oktober 2023 ‘n aanvang neem en op Woensdag, 6 Desember 2023 eindig.
Omvang van die 2023 NSS-eksamen
Altesaam 13 097 voltydse en 2 576 deeltydse kandidate sal die NSS-eksamen by 139 openbare skole, 3 onafhanklike sentrums en 4 distrik gevestigde sentrums skryf.

Read more …NK gereed vir NSS eksamens

GEMSBOK-KAKAMAS: Vrydag, 13 Oktober sal enigeen wat bygelowig is, se hare laat rys. Veral as hulle hoor dat die Vine Academy and Model Farm op  híérdie dag hul heel eerste opedag gehou het.
Maar vir almal wat wonder, die dag was ‘n reuse sukses.
Daar het ongeveer 150 leerders en 20 onderwysers van hoërskole uit Kakamas, Keimoes, Upington tot so ver soos Onseepkans, het die dag op Kakamas bygewoon. Die Academy is ongelooflik dankbaar en bevoorreg oor hoe die dag uitgedraai het.
Nadat die formaliteite in die studiesaal afgehandel is, het almal buitekant in hulle kleurgroepe  verdeel en toere gedoen van die koshuis en plaas.

Read more …Vine Academy hou hul heel eerste Opedag

GEMSBOK-KENHARDT: Sedert die geboorte van Team Gin - ‘n meisies rugbyspan van Kenhardt - in Februarie 2022 - het hierdie span behoorlik opslae in die skole rugbywêreld  gemaak!

Stigter en afrigter, Gabriël Titus, het die meisies gehelp om die span te begin en baie deure het vir die dames oopgegaan in die laaste twee jaar.

In Julie vanjaar het vyf van Team Gin se meisies Elneisha Esau, Jazlien Witbooi, Cageley Jors, Aneshia Steenkamp en Zondrea Speelman vir hulself plek losgespeel in die Griekwa 0/16 span - terwyl een van die meisies - Aneshia Steenkamp gekies was as die onder-kaptein  en Zondrea Speelman as die kaptein vir hierdie span.

Read more …Kenhardt se Team Gin het dryfkrag!