RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Rustenburgers word herinner aan die Rustenburg Boeremark wat eerskomende, Saterdag, 28 Oktober, by die Rustenburgse Skougronde aangebied word.
Die Rustenburg Boeremark is ‘n heerlike geleentheid vir almal wat van groot- of kleinskaalse boerdery, tuisgemaakte produkte en handgemaakte artikels hou. Besoekers kan kus en keur tussen allerlei stalletjies wat letterlik alles van vars groente, gebottelde lekkernye soos konfyt, blatjang, ingemaakte kos en slaaie, biltong, vleishappies en ‘n wye verskeidenheid handgemaakte kuns en klere, houtspeelgoed en -artikels tot gebreide babaspeelgoed wat aangebied word.
Die “Rustenburg Knife Makers” wat vroeër vanjaar demonstrasies by die Boeremark gegee het, het besluit om die finale produk (mes) eerskomende Saterdag om 11:00 tydens die Rustenburg Boeremark op te veil en die fondse wat geïn word, sal aan die Rustenburgse Dierebeskermingsvereniging (DBV/SPCA) geskenk word.
Rustenburg Boeremark spog ook met sy groot verskeidenheid wegneemhappies soos hamburgers, warmbrakke en ag, te veel om op te noem. Maak tog seker dat daar ‘n goeie klompie kontant in die agtersak is - jy sal nooit weet watter verrassings daar vir die besoeker by dié mark is nie. Vir mense wat graag meer te hore wil kom van die wêreld van boerdery, is daar geleentheid om skouers te skuur met ‘n klompie dorpertelers en-kenners en as jy dalk liewers ‘n klein lappie mielies wil plant, is die mark ook die plek om aan te klop en met boeremense skouers te skuur.
Die Boeremark is ‘n heerlike geleentheid om sommer net op ‘n Saterdagoggend in te loer om ‘n luilekker-naweek in te lui. Dit is hoogs onwaarskynlik dat u nie ou kennisse of selfs goeie vriende hier sal raakloop nie. Natuurlik is hier ook ‘n stalletjie waar vriende ‘n koppie boeretroos kan geniet.
Onthou - daar is ook volop pret vir die kinders!
Die Rustenburg Boeremark begin om 08:00 en duur tot om 14:00. Tuisskeppers en -produsente wat ‘n ietsie het wat hulle graag by ‘n mark sal wil aanbied, is welkom om ‘n stalletjie te neem.
Stalletjies kan bespreek word by