Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Rustenburg Herald se Theron-familie (Christo, Lulu en Andries) en hul gades nooi die Rustenburg-gemeenskap om op Saterdag, 12 Oktober, deel te neem aan die 100-jarige bestaansjaarvieringe van dié koerant by Brauhaus Afrika sowat 16 km vanaf Rustenburg op die Krugersdorppad (R24). Hiermee vier ons die bykans onuitwisbare rol van Rustenburg Herald as ware gemeenskapskoerant, bron van inligting en meningsvormer sedert 1924.

Rustenburg Herald bedank al ons lojale lesers en adverteerders vir hul gewaardeerde ondersteuning oor die afgelope 100 jaar ten tye van voor- en teëspoed. Die Rustenburg-gemeenskap het Rustenburg Herald oor die jare heen met onderskeiding gedra en gesorg dat dié publikasie nie alleen tot een van die beste en grootste gemeenskapskoerante in die land kon groei nie, maar ook die voortou as ‘n leier en sieraad op die terrein van gemeenskapsjoernalistiek kon neem.