Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - In 'n gru-aanval wat baie anders kon verloop het, het die van der Merwe-gesin van Krugerstraat, in die vroeë Dinsdagoggendure (omstreeks 03:00) twee booswigte gewys watter murg in hul pype lê.
Die gesin het slegs 'n week gelede terug verhuis dorp toe, nadat hul onlangs ook 'n aanval op hul plaas by Lindleyspoort deurleef het. Die huiseienaars, Sienie en haar man Hennie, het wakker geword van 'n groot geskarrel en geskree in die huis, nadat hul seun, Henneman van der Merwe en dogter, Charné van der Merwe, 'n inbreker op heterdaad in Charné se kamer betrap het.

Charné het nie teruggestaan vir moeilikheid nie en het met alle mag en krag terugbaklei nadat sy die kombers van haar bed afgegooi het, bo-oor die inbreker, en toe die booswig met die naaste "wapen"- haar vuiste - bygedam het. 
Volgens die gesin se weergawe, was daar 'n tweede oortreder in die huis, wat die hasepad gekies het, toe hy besef het die van der Merwe-gesin gaan nie terugstaan terwyl hul oorval word in hul eie huis nie. Die eerste oortreder het toe 'n mes te voorskyn gebring en vir Henneman en Charné in die chaos, bygedam en raakgesteek. Hennie het, ten spyte van 'n onlangse rugoperasie en 'n stut wat hy om sy buik moet dra, ook die aanvaller beetgepak en die gesin kon hom uiteindelik oorrompel en vastrek, waarna hul die gemeenskaps-polisiëringforum (CPF) kon kontak vir hulp. 
Die polisie en ambulanse is ook na die toneel ontbied, maar volgens die gesin was die nooddienste se reaksietyd nie na wense nie en was die situasie onder beheer teen die tyd dat dié personeel opgedaag het. 'n Saak is by die Rusteburg se SAPD geopen en word ondersoek.