Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die eienaars van Lost Valley Predators (LVP) op die Wigwam-pad net buite Rustenburg en soekspanne en beamptes van die departement van natuurbewaring is sedert Maandagmiddag op soek na 'n leeuwyfie van minstens 18 maande maar waarskynlik in die omgewing van 3 jaar oud, wat Maandagmiddag uit aanhouding by dié natuurleweparadys ontsnap het. 

Hoewel dit nie duidelik is wat presies tot die wyfie se ontsnapping gelei het nie, het mnr Gert Janse van Rensburg van Lost Valley Predators aan Waldie Volschenk van Rustenburg Herald gesê dat hy besig was om diere "te skuif" nadat sommige van die diere - onder andere die leeuwyfie, Savannah - onlangs verkoop is en dat hulle besig was om van die diere te laai om verskuif te word toe leeu se kind die hasepad gekies het. 
Savannah het haar eienaars en hanteerders letterlik om die bos gelei en met leë hande laat gryp, terwyl sy dalk gemeen het dit is 'n goeie tyd om die omgewing te verken. Spore van die leeuwyfie is vroeg Maandagaand gevind wat daarop gedui het dat die dier moontlik van plan was om na perseel van LVP terug te keer. Sy is egter nie weer gesien nie en het intussen nog nie weer haar opwagting gemaak nie. Daar was egter ook geen tekens van haar bedrywighede in die veld opgemerk (soos karkasse van prooi wat sy gevang het) nie. 
Die wyfie wat as "hondmak" bestempel is en wat waarskynlik op hitte is, het pas 'n groot stuk vleis van beamptes van LVP gekry toe sy die pad gevat het en deur die hokke by die hoofhek uitgehardloop het. Daar word sedertdien onverpoosd na haar gesoek. Hoewel Savannah nie aggressief is nie, moet 'n mens in gedagte hou dat dit 'n wilde dier is en dat sy tans waarskynlik in 'n verskrikte toestand verkeer. 
Beamptes van Natuurbewaring (Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism (Dedect), van die Noordwes-provinsie het bevestig dat daar tans na die leeywyfie gesoek word en het gewaarsku dat mense nie die dier moet probeer aankeer, vang, of probeer nader lok nie - diere is onvoorspelbaar en daar kan nie kanse gewaag word nie. Soos maar altyd wanneer 'n wilde dier uit aanhouding ontsnap het, is daar vrese deur die gemeenskap dat hulle boerdery-aktiwititeite soos beeste of kleinvee deur die leeu bedreig kan word en dat hulle skade kan ly. Natuurlik is daar ook mense wat oor die welstand van die leeu bekommerd is en wil voorkom dat die leeu dalk geskiet of uitgesit moet word. 
Die departement Natuurbewaring het die gemeenskap versoek om versigtig te wees en om onmiddellik met die Rustenburg Polisie of met Vasti Botha van Natuurbewaring by tel 083 761 7497 in verbinding te tree indien hulle die dier of belangrike leidrade vind.