Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Neil Coetzer (49) was Vrydagaand vanaf Rustenburg op pad na Pretoria toe sy bakkie om ongeveer 20:30 ‘n klipversperring, wat deur rowers daar geplaas is, getref het. 
Die voertuig se band is beskadig en hy is in ‘n ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal in Johannesburg na hy deur die rowers op die N4-snelweg naby Brits in ‘n lokval gelei en in die bors geskiet is. 

“Neil het ‘n ent verder gery tot waar hy kon uitklim om die band te ruil,” het sy broer, Jacques Coetzer gesê. “Volgens Neil was hy besig om die band te ruil toe vier gewapende mans skielik agter hom verskyn het. Hulle het onmiddellik begin skiet. Neil het met die wielmoersleutel steeds in sy hand begin hardloop. Twee het hom agternagesit. Hy het omgedraai en een met die moersleutel geslaan en toe skiet die ander een hom in die bors. Hy het net aanhou hardloop,” het Jacques gesê. Coetzer het probeer om voertuie te stop, maar motoriste het verby gery.
Intussen was Kobus Grobler van Aequitas Sekuriteit en GPF-lede reeds op pad na die toneel na inligting van Anglo American se Taktiese Reaksie-eenheid ontvang is dat ‘n hommeltuig die motoris, wat vermoedelik in ’n lokval gelei is, op die N4 waargeneem het.
GPF-lede het die bebloede Coetzer op die snelweg gekry. Polisie was vinnig op die toneel en nooddienste is ontbied. Weens die erns van sy skietwond is Coetzer per noodhelikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg. 
Na ‘n soektog in die bosse waar die hommeltuig verdagte persone waargeneem het, is twee mans in hegtenis geneem. Baie dankie aan Kobus Grobler, die GPF-lede, Anglo American, polisie en almal wat gehelp het.