Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek tans ‘n saak van huisroof na ‘n insident in die vroeë oggendure van Maandag, 17 Februarie in Safarituine.
Na aanleiding van bewerings van die klaer, was sy aan die slaap toe sy deur twee verdagtes wakker gemaak is - wat reeds wederegtelik haar slaapkamer betree het. Een van die verdagtes was gewapen en hulle het aangedui dat hulle op soek was na ‘n man van Ethiopië, wat hul geglo het in die huis woonagtig sou wees. 

Die klaer is aangehou deur die eerste verdagte, maar ongedeerd gelaat. Hoewel geen groot items geroof is nie, het die tweede verdagte die res van die vertrekke in die huis deursoek, waar twee ander familielede geslaap het, en hul twee selfone gesteel. 
Daar is bepaal dat die verdagtes toegang tot die huis verkry het deur die kombuisdeur te breek. Die polisie is aktief besig om die saak te ondersoek en volg alle moontlike leidrade op. Ten tye van ons ter perse gaan, is niemand nog in hegtenis geneem nie, maar ses verdagtes wat hul identeite met klapmusse weggesteek het, word gesoek.
Enige lede van die gemeenskap met inligting wat kan lei tot die identifisering en aankeer van die verdagtes, word aangemoedig om die Rustenburg-polisiestasie (014 590 4115) of speursersant Ben Mogale op 082 772 8332 te skakel.