Laerskool Rustenburg wil graag vir juffrou Alda Oberholzer met ’n merkwaardige mylpaal, 40 jaar-diens in die onderwys, gelukwens. Sy het haar loopbaan by Laerskool Rustenburg-Noord begin, waar sy sewe jaar diens gelewer het en is nou reeds 33 jaar deel van die Larries-familie. Juffrou Alda het deur die jare ’n blywende indruk met haar toewyding aan atletiek, netbal en akademie gemaak.
Haar passie en liefde vir onderwys is duidelik sigbaar in elke leerder met wie sy te doen kry. Baie geluk, juffrou Alda! Dankie vir die ongelooflike verskil wat jy maak!