Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Rustenburg Rolbalklub se spanne het die afgelope maand weer deeglik van hulle laat kennis neem tydens die streekskompetisies. 
Die plaaslike klub val onder die Gauteng-Wes-area wat bekend staan as “Sables” en daar is letterlik honderde spelers wat talle van die bestes in die land insluit. 
Die klub se jongste trots is die vierbal-vrouespan wat vandeesmaand deurgedring het tot die finale eindrondes van dié distrikskompetisie.

Die span bestaande uit Marissa Meyer, Sharon Kylander, Centaine Knuppe en Christelle Herholdt het na afloop van die drie weke-byeenkoms met die bronsmedalje weggestap nadat slegs die klubs van Honeydew en Leases daarin kon slaag om hulle te klop. Eerskomende Donderdag begin die gewilde Besigheidsliga by die bane en met bykans 150 deelnemers behoort rolbalaande weer volop aksie en pret te wees. Vir meer besonderhede kan die klubsekretaresse, Centaine, by 067 949 5485 gekontak word.