Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Sowat 120 rolbalspelers het die afgelope Vrouedag (9 Augustus) aangetree vir die Vryburgers se jaarlikse rolbaldag wat vanjaar ten bate van kosprojekte by skole en kinder-instansies aangebied is.
 Die dag se sukses was te danke aan ‘n groot aantal individue en plaaslike ondernemings wat die heerlike dag van rolbal en samesyn saam met hul families en vriende geniet het.

Spanne was uiters kompeterend en spel het in ‘n goeie gees plaasgevind met die span van Eric Talton wat in die uitspeelwedstryde koning gekraai het en in die finaal onstuitbaar was. 
Groot dank gaan aan alle borge wat betrokke was en aan Rustenburg Rolbalklub wat hul puik geriewe vir die dag beskikbaar gestel het. Die dag sou ook nie die sukses wees wat dit was sonder Vryburgers Rossie en Danie Rossouw se insette ten opsigte van die vrouespan nie. 
Op Vrydag, 6 September, vind die jaarlikse Vryburger Rainmakers-aand plaas en spelers wat graag deel hiervan wil wees, word vroegtydig aangeraai om met Reon Gouws by 082 457 0967 vir meer besonderhede en/of besprekings in verbinding te tree.