Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - SWARTRUGGENS - Swartruggens Gekombineerde Skool se Boogskietspan het vanaf 25 - 28 September aan die SA-boogskietkampioenskappe in Kimberley deelgeneem en die agt skuts van die skool wat deelgeneem het, het pragtige resultate opgelewer.
Ruggies se graad 11-leerling, Vian de Beer, is gekies vir die Knypkoppe van die Noordwesspan en het sy provinsie suksesvol met ‘n telling van 280 verteenwoordig.

Tydens die 3D-kompetisie het Jacques Nel in graad 12 ‘n algehele sesde plek met ‘n telling van 287 losgeskiet. Daar was ‘n totaal van 469 skuts teen wie hy gekompeteer het. Wilhelm Snyman (graad 12) het ‘n tweede plek in sy spesifieke graad in die Bullseye-kompetisie ontvang. Hy behaal ‘n derde plek in die hoërskoolseuns-afdeling met ‘n telling van 288 en ook ‘n algehele vierde plek uit 490 skuts in die Bullseye-kompetisie. Die Ruggie-boogskietspan het die week geniet en die skuts was elkeen ‘n ambassadeur vir Swartruggens. Al het almal nie ‘n plek op die podium behaal nie, is daar steeds persoonlike bestes geskiet. Die skool groet die matriekskuts van 2024 wat elkeen hulle boogskietloopbaan op ‘n hoogtepunt afgesluit het: Anél Kleynhans, Kayla Viviers, Jacques Nel en Wilhelm Snyman.
Baie dankie aan die toegewyde afrigters, Theo Badnitz en Nicolene Fuls, vir die suksesse wat behaal is in 2024.