Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die afgelope naweek was ‘n uiters belangrike naweek vir Suid-Afrikaanse gholf en dit was so hittete of ‘n Suid-Afrikaner het weer op die podium gestaan as wenner van die jaarlikse Nedbank Golf Challenge by Sun City. Maar nader aan die huis (Rustenburg Gholfklub) was ‘n Rustenburger loshande aan die “wenkant”.

Die bekende Rustenburger en Wyksraadlid vir die DA in Wyk 14 - Gert du Plessis - het op Saterdag, 7 Desember, op 70-jarige ouderdom, na 37 jaar se gereelde potjie gholf, met sy nommer 7-yster op putjie nommer 7 ‘n perfekte kolhou (hole-in-one) geslaan. 
‘n Mens moet wonder hoeveel gelukkige nommer 7’s daar in Gert se boekie moet wees? Baie geluk Gert - daar is sekerlik nie veel meer as sewe gholfspelers wat dit al by die Rustenburgse Gholfklub kon regkry nie?