Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Veané Nel is 'n vyftienjarige doedie van Rustenburg wat jy nie sommer sonder handskoene moet aandurf nie - nie net gaan jy dalk seerkry nie, maar boonop gaan jy waarskynlik jou Moses teëkom. 
Hoewel Veané maar net oor die vyf voet in haar sokkies staan, neem sy reeds sedert Februarie vanjaar in die O/18-afdeling van die African Strongmen Union se kompetisies deel en hier vaar sy buitengewoon goed.

Veané is 'n leerder aan die Hoërskool Bergsig en het maar eers vroeg vanjaar aan sogenaamde "sterkmankompetisies" begin deelneem maar is na vier rondtes (meestal provinsiale kampioenskapstoernooie) nog steeds onoorwonne. 
As vyftienjarige, was sy nog elke keer aan die wenkant tydens al vier kompetisies waaraan sy deelgeneem het - en boonop as die enigste 15-jarige wat in die O/18-afdeling met haar kompetisie moet kragte meet.  Kort na sy in Februarie vanjaar saam met Rustenburg se "strongmen" begin oefen het, het sy aan toernooie begin deelneem en spog reeds met vier titels onder haar blad - onder meer haar eerste ASU Log en Deadlift Championships op 2 Maart, daarna die Limpopo-kampioenskappe op 17 Maart, hierna die Wes-Kaapse kampioenskappe op 20 April en die laaste kompetisie waar sy haar stem dik gemaak het, was die Oosrandse Strongmankompetisie op 11 Mei waar sy ook op die hoogste kassie op die podium geëindig het.  Veané is tans hard aan die oefen vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe nadat sy baie verras was om 'n uitnodiging te ontvang.  Na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe lê die Africa Strongman kompetisie vir haar voor en vir hierdie byeenkoms hoop sy om haar allerbeste vir laaste te bêre en haar beste vorm te bereik. Die Africa Strongmankompetisie gaan waarskynlik vir almal 'n aanduiding wees van die standaard van strongmankompetisies in Suid-Afrika en natuurlik elders in Afrika. 
Goeie nuus vir plaaslike bewonderaars van dié sport, is dat die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Augustus vanjaar in Rustenburg plaasvind en dat daar gulde geleentheid sal wees vir toeskouers om te sien hoe ver Veané haar merkie op die kerfstok nog kan neem. Sy word alle voorspoed met haar voorbereiding toegewens.