Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
05
Thu, Feb

STELLALANDER-OTTOSHOOP: The Ottoshoop police are appealing to members of the community to assist in locating two men who have been reported missing from Maruping Village near Ottoshoop. 
The missing men are 25-year-old Oratile Calvin Mokgethi and 26-year-old Ketshepamang Sebothe. According to police, they were last seen by family members on Sunday evening, 14 December 2025, when they were allegedly taken from their home by four unknown males. Following the incident, a case of kidnapping was opened at the Ottoshoop police station. A search was conducted in and around the area, but no positive results have been reported so far. At the time of their disappearance, Mokgethi was wearing a blue and white vest, long blue track pants, and pink and white slippers.

Read more …Police appeal for help in locating two missing men from Ottoshoop area

STELLALANDER-POTCHEFSTROOM: Brigadier Kiewiet van Zyl (69), ’n voormalige provinsiale hoof van speurders en ’n gerespekteerde inwoner van Potchefstroom, is Donderdagmiddag, 15 Januarie, ná ’n hartaanval oorlede. Hy word onthou as ’n ware pilaar van krag en diens. 
Volgens sy vrou, Lauren van Zyl, was hy besig om fiets te ry toe hy die hartaanval opgedoen het. Nooddienste het omstreeks 16:25 ’n oproep ontvang en kort daarna by Strausslaan in Vanderhoffpark opgedaag, maar Van Zyl is ongelukkig reeds op die toneel oorlede. Van Zyl het 42 jaar lank in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien en gedurende sy loopbaan verskeie sleutel- en senior poste beklee.

Read more …Voormalige gerespekteerde provinsiale hoof van speurders sterf

STELLALANDER-MOROKWENG: Temogo Matong, a Grade 12 learner from Setswakgosing Secondary School in Morokweng Village, Kagisano-Molopo, has emerged as one of South Africa’s outstanding academic performers after being named among the National Top 40 Matric Achievers for the Class of 2025. 
Matong distinguished himself as the top learner nationally among Quintile 2 schools and as one of the top achievers in the North West province. His achievement has brought pride not only to his school, but also to the Dr Ruth Segomotsi Mompati (Dr RSM) District. The Dr RSM District recorded an impressive 87.7% pass rate in the 2025 National Senior Certificate (NSC) examinations, marking a notable improvement on previous years and confirming a steady upward trend in learner performance.

Read more …Morokweng learner shines among nation’s top matric achievers

STELLALANDER-VRYBURG: Agri NW, sy lede en leierskap het hul ernstige kommer uitgespreek oor die skerp toename in verdagte bek-en-klouseergevalle in die Noordwes-provinsie. 
Die organisasie sê boere is diep bekommerd oor die huidige situasie, asook oor die staat se dringendheid en doeltreffendheid om die krisis te bestuur. Volgens Agri NW is daar besondere frustrasie oor die onvermoë om beproefde en reeds ooreengekome maatreëls, wat lank gelede ontwikkel is, in die praktyk te implementeer. Die organisasie het dit duidelik gestel dat die hantering van bek-en-klouseer, sowel as veediefstal, nie binne Agri NW se formele mandaat val nie. Tog beklemtoon Agri NW dat dit nie onverskillig kan of sal wees teenoor die uitdagings wat sy lede in die gesig staar nie.

Read more …Agri NW spreek kommer uit oor toename in bek-en-klouseergevalle

STELLALANDER-GANYESA: Twee verdagtes sou na verwagting in die Ganyesa-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. 
Die verdagtes is in twee afsonderlike voorvalle in die vroeë oggendure van Dinsdag, 23 Desember 2025, in Morokweng-dorp buite Vryburg in hegtenis geneem. Die arrestasies het gevolg op ’n misdaadintelligensie-gedrewe operasie deur lede van die Vryburg K9-eenheid en die Misdaadvoorkomingseenheid. Die een verdagte, ’n 38-jarige man, is in besit gevind van ’n ongelisensieerde pistool en vyf patrone.

Read more …Onwettige vuurwapens en ammunisie in Morokweng gekonfiskeer

More Articles …