STELLALANDER-STELLA: Claudien Uys, ’n leerder van Hoërskool Stella, het op Saterdag, 3 Mei aan die jaarlikse SAIC uithourit in Fauresmith deelgeneem en haar merk gemaak.
Sy het aan die 120 km-item deelgeneem en algeheel sewende geëindig met ’n indrukwekkende tyd van 6 uur en 18 minute. Met hierdie prestasie het sy haar Protea-kleure ontvang, wat haar as een van die land se voorste uithouritryers bekroon. Hoërskool Stella en die gemeenskap is trots op haar puik prestasie en wens haar sterkte toe met toekomstige uitdagings.
Reën kan nie Vryburg Makiti Sportdag keer nie
STELLALANDER-VRYBURG: Ondanks swaar reën en uitdagende padtoestande, het die Vryburg Makiti Sportdag op Vrydag, 21 Februarie, afgeskop met skole wat kragte gemeet het in tennis- en sokkerwedstryde.
Teen 13:00 het die reën egter die tennisaksie gekortwiek, met ‘n paar wedstryde wat nie voltooi kon word nie. Vrydagaand se beplande Steve Hofmeyer-vertoning op die rugbyveld moes weens die nat toestande na die Hoërskool Vryburg se skoolsaal verskuif, waar aanhangers steeds ‘n vermaaklike aand beleef het. Saterdag, 22 Februarie, het organiseerders reeds voor sonop alles reggekry vir ‘n vol sportdag.
Sonpaneelgedrewe motors besoek Vryburg
STELLALANDER-VRYBURG: Tydens die derde dag van die Sasol Solar Challenge, waartydens 11 sonpaneelgedrewe motors in verskillende klasse deelneem, het Sondag, 15 September ‘n besoek aan Vryburg gebring.
Die Sasol Solar Challenge, het Vrydag, 13 September in Secunda afgeskop in die rigting van Sasolburg en Rustenburg en Zeerust en toe koers gekry na Vryburg.
Nege uit twaalf medaljes vir Vryburg
STELLALANDER-VRYBURG: Die SA JKA Nasionale span het van 12-18 September aan die JKA Indo Pacific Cup in Mauritius deelgeneem.
Hier is ‘n Bok wat kan skop
Die Springbokspan het Saterdag, 23 September ‘n nederlaag gelei teen die span van Ierland, wat onder andere die gevolg van die swak skopwerk van Manie Libbok en Faf de Klerk was. Broers Heindrich (10), Ivandry (8) en Luhardus (6) van Wyk van Delareyville is groot Springbokrugby-ondersteuners en staan reg om die skopwerk aan te voer. (Foto: Hannelie van Wyk)