Leshané Chatwind is met haar pragtige matriekafskeidrok, ontwerp deur Jose de Canha, die naaswenner in die Sondagkoerant Rapport se matriekafskeid-kompetisie. Sy het haar matriekafskeidrok, wat sy na KHS se matriekafskeid gedra het, vergelyk met die sprokie van Aspoestertjie en het gesê haar rok is presies waarvan sy as jong dogtertjie gedroom het. “Ek het gevoel soos Aspoestertjie wat in ‘n glansprinses verander het.’’ Leshané is dankbaar vir al die Klerksdorpers wat vir haar gestem het en die komplimente vir haar rok. Sy het kontant, data en lugtyd gewen. ‘n Potchefstromer, Malincke Botha, het die kompetisie gewen.
Foto: Salomé Kotzé.



Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Dit is November, dit is die feestyd en partytjietyd. Daarom bied Flamwood Walk ‘n opelugkonsert aan op Vrydag 17 November. En die beste van alles is, dit is gratis. Jay en Lianie May is die hoofkunstenaars en almal is welkom om saam te kom kuier.








