Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
25
Sun, Jan

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Agri NW, sy lede en leierskap het hul ernstige kommer uitgespreek oor die skerp toename in verdagte bek-en-klouseergevalle in die Noordwes-provinsie. 
Die organisasie sê boere is diep bekommerd oor die huidige situasie, asook oor die staat se dringendheid en doeltreffendheid om die krisis te bestuur. Volgens Agri NW is daar besondere frustrasie oor die onvermoë om beproefde en reeds ooreengekome maatreëls, wat lank gelede ontwikkel is, in die praktyk te implementeer. Die organisasie het dit duidelik gestel dat die hantering van bek-en-klouseer, sowel as veediefstal, nie binne Agri NW se formele mandaat val nie. Tog beklemtoon Agri NW dat dit nie onverskillig kan of sal wees teenoor die uitdagings wat sy lede in die gesig staar nie.

“Ons respekteer die rol van bedryfsorganisasies en die spesialisvaardighede binne elke sektor, maar ons is ook realisties oor die groot mate van frustrasie en kommer wat tans onder produsente heers oor wat in die praktyk gebeur,” lui die verklaring van Naudé Pienaar, uitvoerende hoofbestuurder van Agri NW. Georganiseerde landbou, beide provinsiaal en nasionaal, het reeds van meet af aan hulp aangebied om betroubare inligting te versprei en staan gereed om op enige moontlike manier by te dra tot die bekamping van die probleem. Agri NW het verder gewaarsku teen pogings om die krisis te politiseer of te sensasionaliseer. Die organisasie sê dit is betreurenswaardig dat sommige groepe eerder fokus op dreigemente, kritiek en verdeeldheid, eerder as op praktiese en werkbare oplossings. “Agri NW sal, soos nog altyd, krities bly, maar terselfdertyd streef ons daarna om opbouend en oplossingsgedrewe op te tree,” sê die organisasie. Lede word versoek om uitsprake krities te evalueer en dit te meet aan die sinvolle oplossings wat werklik geïmplementeer word. Die organisasie bevestig dat daar deurlopend met alle relevante rolspelers geskakel word wat moontlik verligting kan bring vir die krisis wat boere tans beleef. Versoeke is ook aan nasionale verteenwoordigers gerig om dringend met landbou-organisasies en banke te vergader ten einde die finansiële implikasies van die krisis op boere te bespreek en oplossings daarvoor te vind. Agri NW het onderneem om voort te gaan met betrokkenheid op alle vlakke en om samewerking te bevorder ten einde doeltreffende oplossings te help implementeer.