STELLALANDER-VRYBURG: AgriSA vier met trots die merkwaardige groei wat Suid-Afrika se landbousektor oor die afgelope 30 jaar beleef het.
Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se jongste verslag, “Landbou in Suid-Afrika in die Demokratiese Era: 1994-2024”, wat op 12 Februarie 2025 vrygestel is, bied ‘n diepgaande ontleding van hierdie groei en die belangrikste ekonomiese en beleidsverskuiwings wat die sektor beïnvloed het. Die belangrikste hoogtepunte van die verslag behels:
Verdubbeling van landbou-uitsette: Die totale landbouproduksie het meer as verdubbel sedert 1994.
Groeinde uitvoermarkte: Suid-Afrika het sy internasionale markte suksesvol uitgebrei, wat die impak van binnelandse ekonomiese stagnasie verminder het. Plaaslike varsprodukboere trek voordeel uit zero-tarief toegang tot die VK en EU-markte.
Tegnologiese vooruitgang: Verbeterde genetika en moderne boerderypraktyke het opbrengste van sleutelgewasse soos mielies en sojabone aansienlik verhoog. Mielie-opbrengste is besig om te verviervoudig sedert die vroeë 1990’s, en Suid-Afrika het selfvoorsienend geword in sojabone, wat ‘n groot voordeel vir intensiewe veeproduksie is. Toename in tuinbou-uitvoere: Veral vrugte en boomneute het sterk uitgevoer, deels danksy gunstige handelsooreenkomste met die EU en VK. Verbeterde arbeidsproduktiwiteit: Ten spyte van bo-inflasie loontoenames oor die afgelope twee dekades, het die aantal plaaswerkers stabiel gebly, terwyl afgelope twee dekades, het die aantal plaaswerkers stabiel gebly, terwyl landbouproduksie drasties gestyg het – ‘n bewys van verbeterde arbeidsproduktiwiteit. Beleid- en implementeringsuitdagings: Suid-Afrika sukkel steeds om effektiewe grondhervorming te implementeer en swart boere suksesvol in kommersiële landbou te integreer. Johann Kotzé, Uitvoerende Hoof van AgriSA, sê: “AgriSA is verbind tot die bevordering van volhoubare groei in die landbousektor. Hierdie omvattende verslag beklemtoon nie net ons prestasies nie, maar beklemtoon ook die noodsaaklikheid van ‘n hernude fokus op beleid en implementering.”