Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
08
Thu, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur CJ Steyl – DA-woordvoerder in Noordwes oor Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake

STELLALANDER-VRYBURG: Die Demokratiese Alliansie (DA) het aan die Voorsitter van die Noordwes Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake geskryf met die versoek om ’n gesamentlike komiteevergadering te belê. 

Hierdie vergadering sal dit moontlik maak vir die LUR vir COGHSTA, Oageng Molapisi, die Noordwes Provinsiale Rampbestuursentrum, en die Departemente van Openbare Werke en Finansies om die komitee in te lig oor die regering se gekoördineerde reaksie op die swaar oorstromings wat verskeie gemeenskappe in die provinsie getref het. Die doel van die vergadering is om die omvang van skade aan kritieke infrastruktuur te bepaal, sowel as die tydraam en finansiële koste verbonde aan herstelwerk en rampverligting. Hierdie versoek volg op ’n onlangse oorsigbesoek aan Khunotswane-nedersetting in die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit, waar ernstige oorstromings aangemeld is. Khunotswane Primêre Skool en die plaaslike kliniek is steeds ontoeganklik weens die oorstromings. Die sluiting van die skool vir weke lank ontneem kinders hul reg op onderwys. Die DA sal ook die LUR vir Onderwys, Viola Motsumi, nader oor hoe die departement beoog om leerverliese vir hierdie kinders aan te spreek. Tydens die DA se besoek het inwoners hul frustrasie uitgespreek oor die stadige reaksie van die regering. Putlatrines het oorloop en besmette water veroorsaak, wat gelei het tot diarree en ’n toename in muskietbesmetting. Die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit het wel ’n span gestuur om die oorstroomde gebiede te dreineer, maar dit blyk oneffektief te wees aangesien die dreineringpype onder die pad hoër is as die vlak van die water. Die span het ook aangedui dat hulle wag vir diesel om die dreineringpomp aan die gang te kry. Verder is die uitgegrawe kanale nie duidelik afgemerk of afgesper nie, wat ’n veiligheidsrisiko vir inwoners, veral kinders, inhou. Dit blyk ook dat die paaie hoër as die natuurlike landskap gebou is sonder behoorlike stormwaterdreinering, wat die natuurlike afloop van reënwater verhoed, en waarskynlik die hoofoorsaak van die oorstromings is. Om toekomstige vloede te voorkom, moet addisionele dreineringpype en stormwaterkanale gebou word om water effektief van woongebiede weg te lei. Die komitee moet dringend ’n volledige en gedetailleerde terugvoering ontvang oor die regering se reaksie om die effektiewe monitering van rampverligting aan gemeenskappe soos Khunotswane, asook ander geaffekteerde gebiede van Matlosana tot Moses Kotane, moontlik te maak. Die DA sal die provinsiale regering se rampverligtingsinisiatiewe en infrastruktuurherstelwerk fyn dophou.