Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
27
Mon, Jan

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-HARTSWATER: Inwoners van verskeie dorpe in die Noord-Kaap, insluitend Warrenton, Pampierstad, Hartswater, Jan Kempdorp, Bullhill en Magogong, is sedert die vroeë oggendure van 19 November sonder krag, nadat die Ganspan-substasie deur kriminele kaalgestroop is. 

Hierdie daad van vandalisme het die gebiede in totale duisternis gedompel en verdere druk geplaas op gemeenskappe wat reeds met ernstige watertekorte worstel. Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstad se inwoners sit nie net sonder krag nie, maar ook sonder water. Volgens inwoners in die gebiede, is die gebrek aan water te wyte aan gebrekkige infrastruktuur en die munisipaliteit se versuim om noodwaterreserwes op te bou. Motors en pompe wat gebreek het, is nog nie herstel nie, en swak instandhouding van toerusting vererger die situasie. Die gemeenskap van Bonitapark in Hartswater het onlangs ‘n formele klag aan die munisipaliteit gerig oor swak dienslewering, terwyl inwoners van Pampierstad al in die verlede tot stakings en padblokkades oorgegaan het in protes teen diensleweringsprobleme. Tog het die situasie nie verbeter nie. In Jan Kempdorp vloei rou riool deur die strate omdat pompe nie werk nie, en vullis hoop op in die strate weens ‘n gebrek aan gereelde verwydering. “Die munisipaliteit gee nie regtig om vir die gemeenskap nie,” sê ‘n besorgde inwoner van Hartswater. “Ons leef in onmenslike omstandighede – sonder water, sonder krag, en sonder hoop dat dinge sal verander.” Die kragprobleem lê wel in Eskom se hande, maar dit is nie in hul vermoë om kriminele strooptogte te voorkom nie. Intussen styg die frustrasie onder inwoners wat ‘n algehele gebrek aan aanspreeklikheid van die munisipaliteit blameer. Met basiese dienste wat in duie stort en geen teken van onmiddellike oplossings nie, is verdere protesoptrede en konflik in die streek ‘n toenemende moontlikheid. Inwoners roep dringend op vir ingryping van die provinsiale en nasionale owerhede om die situasie te red en hul lewenskwaliteit te herstel.