Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-PIET PLESSIS: Laerskool Piet Plessis het op Vrydag, 18 Oktober die jaarlikse Molopo tennisproewe by die Tlakgaming tennisbane gehou.
 Die proewe het omstreeks 12:00 afgeskop met wedstryde tussen Gr 3 tot Gr 7 leerders wat meegeding het om die gesogte seuns-en meisiestrofee.

Die vier seuns met die hoogste punte vir die dag, Conrad Coetzee, Ludiaan Oosthuizen, Scott Roets en Dean van Rooyen, het in die semi-finaal teen mekaar gespeel, wat gelei het tot die finale wedstryd vir die trofee tussen Dean van Rooyen en Scott Roets. Scott Roets het as wenner uit die stryd getree. Annemie de Bruin en Ingrid Reyneke het in die meisiesgroep uitgespeel om die wenner van die meisiestrofee te bepaal. Ingrid Reyneke het met die louere weggestap. Leerders van Gr R tot Gr 2 het ook op hulle verskeie vlakke wedstrydjies teen mekaar gespeel. In die jongste groepie was Shirley-Ann de Bruin eerste met David Louw in die tweede plek. In die junior meisiesgroep was Anke Coetzee eerste, Milané Oosthuizen tweede en Miance Beck derde. Die wenner in die junior seunsgroep is Caleb Harvey, met Andries Louw tweede en Abraham Reyneke derde.]
Die eerste, tweede en derdeplekke in die seuns-en meisiesgroepe het elkeen ook ‘n spesiaal ontwerpe trofee ontvang. Na afloop van die dag se speel, is die prysuitdeling gehou, waartydens medaljes aan elke speler wat die dag gespeel het, oorhandig is.