Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Thu, Jan

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Suid-Afrika staan tans voor ‘n ernstige landbou-uitdaging met die ontdekking van die bakteriese siekte, Goss-bakteriese verwelk en verwelkskroei, wat mieliegewasse in vier provinsies bedreig.

Volgens die International Plant Protection Convention (IPPC) is die bakterie, Clavibacter michiganensis subsp. nebraskensis, wat hoofsaaklik in Amerika voorkom, nou in die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en die Oos-Kaap opgespoor. Die siekte is tans onder amptelike beheer en kom nog nie wyd voor nie. Die siekte manifesteer op mielieblare as langwerpige, bruin letsels met waterdeurdrenkte kolle en blink oorblyfsels wat soos gedroogde vernis lyk. Groot dele van die blaaroppervlak kan aangetas word, wat ‘n direkte impak op gewasgesondheid het. 
Die Departement van Landbou het streng fitosanitêre maatreëls ingestel om die verspreiding te beperk. Aangetaste plase in areas soos Parys (Vrystaat), Fochville, Lichtenburg en Potchefstroom (Noordwes), Carletonville (Gauteng) en dele van die Oos-Kaap word streng gemonitor. Molekulêre toetse, insluitend PCR en DNS-volgordebepaling, bevestig gevalle. 
Die Departement doen aktief navorsing oor die siekte se epidemiologie en ontwikkel bestuurstrategieë om mielieprodusente by te staan. 
Verdere opnames in ander mielieproduserende streke is aan die gang om die omvang van die probleem te bepaal.
 Die IPPC waarsku dat die siekte moontlike negatiewe gevolge vir die plaaslike en internasionale handel in mielies kan hê.
 Dit kan Suid-Afrika se uitvoerpotensiaal en mielieboerdery se volhoubaarheid ernstig benadeel.
 Produsente word aangemoedig om hul gewasse gereeld te inspekteer en enige verdagte simptome onmiddellik by die owerhede aan te meld. Die gesamentlike pogings van boere, wetenskaplikes en die regering is noodsaaklik om die situasie onder beheer te hou.