Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
31
Mon, Mar

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-LENIESDEEL: Tydens die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (Safja) se gala-dinee en prysuitdeling op Vrydagaand, 14 Maart in Ladysmith, is verskeie top produsente vereer vir hul uitsonderlike bydrae tot die bedryf. 

 

Neil Harvey en Niel Fourie van Ottawa Ranches, geleë by Leniesdeel naby Vryburg, is as Nasionale Kampioene aangewys in die Safja Nasionale Enkel Beeskarkaskampioenskap. Hulle het ook ’n tweede plek behaal in die Groep Beeskarkaskampioenskap, wat hul uitmuntende kwaliteit en verbintenis tot vleisproduksie beklemtoon. Ockert Goosen is as die Nasionale Kampioen gekroon in die Groep Beeskarkaskampioenskap met Gielie Uys in die derde plek. In die skaapsektor is Boytjie Crispin van Delareyville as die Nasionale Kampioen in die Skaapkarkaskompetisie aangewys. Die Underburg Skou het eerste plek ingeneem in die Vetveeskou uitslae met Jakkalskop Vetveeskou tweede en Leniesdeel Vetveeskou in die derde plek. Hierdie prestasies is ’n bewys van die hoë standaarde waaraan Noordwes-produsente voldoen en hul onmiskenbare bydrae tot die vleisbedryf in Suid-Afrika.