Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die gemeenskap kan met verligting asemhaal nadat Selwin Ebraim Botha (42) veilig opgespoor is. 
Botha wat sedert 30 Oktober om 11:00 van Colridge, Vryburg vermis was, is veilig gevind en by sy suster, Amenia van Wyk in Colridge herenig. Na dae van besorgdheid het ’n lid van die publiek, Botha opgemerk by ’n vulstasie in Mafikeng en in kontak gekom met Jaco Kayser van Jamon Privaat Ondersoekdienste om sy ligging aan te dui. Botha is nou weer tuis saam met sy familie.

Die familie en Jamon Privaat Ondersoekdienste, bedank die publiek vir hul waaksaamheid en samewerking om Botha veilig terug by sy geliefdes te hê.