Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
14
Sun, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-TLAKGAMENG: William Harvey van Harvey Cattle Ranches in die Tlakgameng-boeregemeenskap het Donderdag, 28 Augustus, die hoogste eer ontvang toe hy as AgriNW se Jongboer van die Jaar 2025 aangewys is. 
Harvey sê die toekenning was vir hom ’n groot verrassing: “Die ander twee finaliste is fantastiese jongboere met indrukwekkende bedrywe. Dit is ’n eer om saam met hulle genoem te word,” het hy nederig vertel. Vir Harvey is beesboerdery ’n erfenis wat diep in sy bloed loop. Hy is grootgemaak in ’n familie waar boerdery meer as net ’n beroep was, dit was ’n leefstyl. Sy pa Keith, oupa Willy en oom Neil Harvey was nie net mentors nie, maar rolmodelle van eerlikheid, goedheid en harde werk wat hom die pad van boer laat kies het. By Harvey Cattle Ranches word daar met Bovelder-beeste geboer.

Met behulp van hoëdruk-beweidingstelsels fokus hy op volhoubaarheid en doeltreffendheid. Die plaas produseer speenkalwers, slagbeeste en aanteeldiere vir die kommersiële mark, terwyl hulle voortdurend daarna streef om genetika te verbeter en weidingstelsels te optimaliseer. Benewens die beesboerdery het William en sy vrou, Reinette, ook begin met ’n kleiner projek van organiese braaikuikens wat hulle self grootmaak en verkoop. Hy is dankbaar teenoor die Tlakgameng-boeregemeenskap wat ’n groot rol in sy vorming gespeel het. “Hierdie gemeenskap het my nie net geleer boer en tennis speel nie, maar ook hoe belangrik dit is om mekaar te ondersteun. Hulle sukses is my sukses,” het hy gesê. Met die ontvangs van die Jongboer-toekenning het Harvey sy emosie en dankbaarheid nie weggesteek nie. “Ek dra hierdie eer saam met al die wonderlike mense wat ’n aandeel in my lewe en boerdery het,” het hy gesê. Aan jong boere het hy die volgende boodskap gerig: “Moenie moed verloor nie. Ja, insetkoste en kapitaal is duur, maar hou vas aan jou drome. Die sleutel lê daarin om mekaar te ondersteun, sterk verhoudings in die bedryf te bou, en deel te wees van studiegroepe en boereverenigings. Só groei ons almal saam.”