GEMSBOK-KATHU: Gedryf deur haar toewyding om positiewe verandering in haar gemeenskap teweeg te bring, is Brizelda Titus, 'n plaaslike maatskaplike werker, 'n baken van hoop in die Gamagara-gemeenskap.
Sy beïnloed die lewens van honderde kinders positief. Met die ondersteuning van REISA Solar, het Brizelda nou haar passie vir gemeenskaps-ontwikkeling verder geneem en haar eie maatskaplike ondersteuningsbesigheid, Boipelo Resources, gevestig,
"Emosionele welstand bly dikwels 'n verwaarloosde aspek van ons lewens. As 'n maatskappy is ons missie om die narratief rondom emosies te hervorm, dit nie as swakhede uit te beeld nie, maar as sterkpunte wat die weg baan vir persoonlike groei en selfverbetering. Deur geestesgesondheids-kwessies aan te spreek, streef ons daarna om by te dra tot beter gemeenskappe en 'n gesonder arbeidsmag,” het Brizelda gesê.
As ’n begunstigde van REISA Solar se KMMO-program se-dert 2021, het Brizelda toewyding en passie getoon om gesonder gemeenskappe te skep en die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee.
Die maatskappy, wat in 2020 gestig is, het aanvanklik vyf skole bedien en het sedertdien gegroei tot 17 skole, met 'n span van 11 professionele persone.
“As voorstanders van volhoubare gemeenskapsontwikkeling, is ons trots om Brizelda en Boipelo Resources te ondersteun. Haar onwrikbare verbintenis tot maatskaplike ondersteuningsdienste strook met ons visie vir positiewe verandering. Deur die KMMO-program poog ons om nie net entrepreneurs soos Brizelda te bemagtig nie, maar ook om by te dra tot die skepping van gesonder, meer veerkragtige gemeenskappe,” het Shariefa Rhode, gemeenskapsbedryfsbestuurder vir REISA Solar gesê.
REISA Solar het deur middel van toelae ‘n deurslaggewende rol in Boipelo Resources se sukses gespeel.
Die ondersteuning wat verskaf is, het die vestiging van ‘n ten volle toegeruste kantoor, kompleet met die nodige meubels en handelsmerke vergemaklik, wat Brizelda in staat stel om te fokus op haar missie om ‘n positiewe impak te maak.
Ek is baie dankbaar vir die onwrikbare ondersteuning van REISA, hulle geloof in my vermoëns was my dryf-veer gedurende uitdagende tye,” het Brizelda uitgespreek.
As ons vorentoe kyk, beoog Boipelo Resources om die impak daarvan uit te brei, meer werksgeleenthede te skep en ‘n vaardigheidsontwikkelingsfasiliteit te vestig. Brizelda beoog ‘n samele-wing waar leerders op hul opvoeding kan fokus sonder die las van bestuur van huishoudings.