GEMSBOK-UPINGTON: Die Expo-bestuur, onder leiding van die nuwe president, Henco Burger, is al volstoom aan die gang om vanjaar se Landbou Expo te beplan wat vanaf 29 tot 31 Mei aangebied word.
Heelwat nuwe planne is op die tafel om ‘n skou vir almal te beplan. 2025 se skoukomitee sien uit na hierdie uitdaging. Die terreinbestuur-der en sy span is ook besig op die terrein met opknappingswerk.
Die hoofverhoog gaan effens skuif om plek te maak vir ‘n tydelike perdebaan, OWK Kuiertent en ander uitstallers.
Daar word ‘n lywige program vir die skaap, bees en perde-afdelings beplan. Soos jare terug, skuif die perdevertoning weer na die hoof-arena. Die Noord-Kaap Saalperd Streekskou word aangebied en beloof om in baie skougangers se smaak te val. Die Upington Western Mounted Gamesklub sal ook weer hul gewilde vertoning die Saterdagmiddag lewer.
Daar word ‘n Dorper Streekskou tydens die Expo gehou, asook ‘n junior afslaerskompetisie, afslaerskursus, KI-kursus en nog vele meer.
Die jaarlikse Slagbees en -lam kompetisie is weer op die program en diere word reeds voorberei vir die kompetisie.
Henco Burger is tans besig om met sangers te onderhandel om te kom optree. Die gewilde Irene-Louise van Wyk, is reeds bespreek om Saterdag op te tree. Sy gaan ‘n motiverings-praatjie kom hou en ook die aand al haar gewilde liedjies sing.
Armand Steenkamp gaan ook tydens die skou optree en Henco is nog besig om ander sangers te finaliseer.
Die gewilde Plaaswerf gaan ook ‘n nuwe baad-jie aantrek. Francois Badenhorst en sy span is reeds besig om die nuwe terrein vir die plaaswerf reg te kry. Die Plaaswerf skuif na die area waar die Weermag-uitstalling altyd was. Daar word ‘n speelterrein, skopfietsbaan, plek vir plaasdiere en baie ander uitstallings en aktiwiteite beplan.
Daar het reeds heelwat uitallers hul plekke bespreek. Om ‘n stalletjie te bespreek, kan Mandie by 054-331 2105geskakel word of stuur navra na