GEMSBOK-KURUMAN: Die Vrouelandbouvereniging (VLV) Sirkel Kalahari bestaan uit drie takke, naamlik Kuruman, Vryburg en Reivilo. VLV Sirkel Kalahari sowel as VLV Kuruman-tak het in 2023 hul 90ste bestaansjaar gevier! Die nuwe VLV-jaar het op 1 Oktober 2023 in werking getree. Die tema vir die jaar is: “Ons Jeug, ons Toekoms!” Die Sirkelprojek vir dié jaar is “Gee wat in jou hand is”. Die Sirkel-Konferensie word op 6 en 7 Maart 2024 in Reivilo aangebied, gevolg deur ‘n Inligtingsdag op 9 Mei 2024 in Kuruman.
Die bestuur, wat uit lede van al drie takke bestaan, is gereed vir die volgende VLV-jaar wat tot 30 September 2024 sal strek. Mag dit ‘n geseënde VLV-jaar wees.