GEMSBOK-UPINGTON: Raisins SA verwelkom Wessel Lemmer as nuwe hoof uitvoerende beampte, wat op 6 Januarie 2025 sy amp sal aanvaar.
Raisins SA erken die sukses van hul span onder leiding van ons uittredende uitvoerende hoof, dr Ferdie Botha, wat die afgelope sewe jaar ‘n uitstekende strategiese rol gespeel het in die groei van Raisins SA se kapasiteit en handelsmerkbewustheid.
‘’Dr Botha laat ons met ‘n wonderlike span hier by Raisins SA. Ek sien daarna uit om voort te bou op sy nalatenskap, terwyl ons voortgaan om die rosyntjiebedryf te ontwikkel, nie net vir die produsente en verpakkers, maar ook in die belang van alle sleutelbelanghebbendes. Ons het almal ‘n belang in die sukses van ‘n volhoubare en winsgewende rosyntjiebedryf. Ons onmiddellike prioriteite is om die vraag na ‘n uitstekende gehalte produk te bevorder, om nasionale rosyntjieproduksie te verhoog, veral per hektaar produksie, en om vertroue in ‘n regverdige en veilige mark aan te moedig.” – Wessel Lemmer
Wessel, ‘n gesoute landbou-ekonoom, se ervaring in landbou strek oor meer as 30 jaar sedert die begin van sy M.Sc.Agric graadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat in 1993. Hy het sy loopbaan begin deur n studie van die finansiële lewensvatbaarheid van produsente in die Laer-Oranjeriviergebied te doen t.o.v. vloede van verskillende omvang. Hy is terug in Upington, om die sirkel te voltooi, om die Suid-Afrikaanse rosyntjiewaardeketting te dien.
Hy bring saam met hom relevante kennis en ervaring wat hy die afgelope 18 jaar opgedoen het. Hy het gewerk as ‘n senior landbou-ekonoom: Markte by Graan SA, ‘n graan- en oliesaadprodusente-organisasie en as hooflandbou-ekonoom by Absa en hoof van die Sentrum van Uitnemendheid by die Kleinhandel- en Sakebank-afdeling in Johannesburg. Hy en sy span het die landboumarkte en prysdrywers ontleed om toekomstige geleenthede en risiko’s te identifiseer. As hoofbestuurder van Agbiz Graan in Pretoria het hy nuwe inisiatiewe en voorspraak ontwikkel namens die graanbergingsektor, wat gesamentlik 98% van alle JSE-genoteerde silo’s besit en ongeveer 70% van alle graan wat in Suid-Afrika geproduseer word, stoor.
“Wessel se visie is in lyn met Raisins SA se strategie (Rise v.2) vir die volgende vyf jaar. Hy is bekend vir sy strategiese denke, kreatiwiteit, aandag aan detail en sterk fokus op implementering en lewering. Hy is eerlik, oop en sê presies wat hy bedoel’’ – David van der Merwe (voorsitter: Raisins SA).