Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Familie en vriende van die jong akteur en jeugmentor, wyle Jeffrey van Wyk, wat op 25 Desember 2023 oorlede is, het besluit om sy werk voort te sit en hom so te onthou en vereer.
 Jeffrey Van Wyk word beskryf as ‘n baie entoesiastiese persoon - wat lief was om mense te vermaak. 
Jeffrey het ook ‘n passie vir die reel van vertonings  gehad en was nie net betrokke in die film industrie nie.
Jeffrey was deel van die vermaakspan “Teamlimitless” en hulle het vertonings gehou vir opkomende kunstenaars - om hulle talent  bekend te stel en voor ‘n gehoor blootstelling te gee.
Dit was Jeffrey se droom om ‘n groot kunstenaar Upington toe te bring vir ‘n vertoning en so wou hy die ander  plaaslike kunstenaars die geleentheid gegee het om ook op te tree.

Omdat hy  baie aanhangers gehad het, wou hy sy platform gebruik om Upington se plaaslike kunstenaars bekend te stel aan groot produksie agentskappe in die stede en so doende ‘n deurbraak te maak in hulle loopbane.
Ongelukkig kon Jeffrey nie sy droom bewaarheid nie en daarom het sy vriende en familie bymekaar gekom om sy droom vir hom te bewaarheid.
Hulle is besig om ‘n groot vertoning, gedurende Jeffrey se verjaarsdagmaand in April 2024,  te beplan en saam met plaaslike kunstenaar die grootste produksie wat Upington nog gesien het - op die planke te bring.
Hulle beplan om ‘n bekende kunstenaar na Upington te bring en dan - soos Jeffrey dit wou doen - aan plaaslike kunstenaars die geleentheid gee om die verhoog met die “groot naam” te deel.
Die organiseerders beplan om die fondse wat hulle deur middel van klein donasies van R20 of selfs meer, die deposito van die bekende kunstenaar te betaal. Om ‘n bydrae te lewer skakel  076 2123 636.