Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-VAN WYKSVLEI: Die polisie in die Noord-Kaap volg steeds ‘n nulverdraagsaamheidsbenadering teenoor dwelmverwante misdade. Drie (3) verdagtes is op Vrydag, 12 Januarie 2024 op verskillende plekke in die Noord-Kaap gearresteer.
Die polisie in Van Wyksvlei, het inligting van die publiek ontvang dat dwelms vanaf ‘n naburige dorp vervoer word.
Die polisie het die inligting geoperasionaliseer deur die geïdentifiseerde voertuig wat opgemerk is op pad na die dorp te monitor.


 Die voertuig is gestop en toestemming om te soek is deur die insittendes verleen.
Die polisie het  beslag gelê op 130 volle mandrax-tablette en Tik met ‘n geraamde waarde van meer as R10 400. 
Twee manlike verdagtes van 36 en 23 jaar oud is gearresteer en aangekla vir die onwettige besit van dwelms en sal na verwagting binnekort in die Carnarvon-landdroshof verskyn.
Tydens ‘n operasie in Rosedale Upington het die polisie ‘n 28-jarige Kongolese manlike burger, vir die handel in dagga vasgetrek - ná die konfiskering van dagga ter waarde van ongeveer R26 050.00.
Hy sal Maandag, 15 Januarie 2024 in die Upington-landdroshof verskyn.
Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die publiek geloof vir hul bystand en ondersteuning in die bekamping van misdaad.