Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-PABALLELO: Die polisie in Paballelo ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na die dood van ‘n 40-jarige ma Beaulah Basson - en haar drie kinders van 5, 6 en 9 jaar oud - toe hul sinkhuisie gedurende die nag van Donderdag 2 Mei 2024 aan die brand geslaan het.
Die gesin het na bewering geslaap toe die huis aan die brand geslaan het.
Die brand is vermoedelik deur ‘n brandende kers veroorsaak.
Die polisie en brandweer is na die toneel uitgestuur.
By aankoms was die huis reeds in ligte laaie met die gesin daar binne vasgevang.
Die brandweer het daarin geslaag om die brand te blus, maar die vier is ongelukkig tydens die brand dood.
 Die polisie-ondersoeke duur voort.