Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: In ‘n poging om die uitsterwing van die pragtige San-taal - N|uu  - te voorkom, om die kontinuïteit daarvan te verseker en om in al sy rykdom te laat herleef het  7 Mei 2024  die begin van ‘n reeks N|uu-taalklasse geoormerk.
Die klasse sal op Dinsdae, Donderdae en Saterdae gratis, vir baie kinders uit die !Khomani- gemeenskap wat in Upington woonagtig is, aangebied word.
Die begin van hierdie klasse word as ‘n baie spesiale oomblik in die geskiedenis, van die hoogs bedreigde tradisionele N|uu-taal, wat deur die !Khomani- gemeenskap in die Noord-Kaap gepraat moet word, geag.
Die kinders sal ‘n unieke geleentheid kry om direk te leer by Dr.  Ouma Katrina Esau, die enigste oorlewende (vlot) spreker van die N|uu-taal,  wat ruimhartig aangebied het om hierdie klasse vir ‘n hele jaar te onderrig.


Sy sal bygestaan word deur haar kleindogter Claudia Snyman, wat ook ‘n bietjie kennis van die N|uu-taal en sy liedjies het.
Dr  Katrina Esau (91), is die laaste oorblywende Suid-Afrikaner, wat die ou Khoisan  San-taal, N/uu, vlot kan praat.
Sy het in Mei 2021 ‘n boek in N|uu  gepubliseer met die titel Skilpad en Volstruis Skilpad en Volstruis. Die snoer van Esau se gemeenskap het wyd oor die Afrikaanssprekende Noord-Kaap provinsie versprei, ná eeue se uitwissing en assimilasie van die San. Vir etlike dekades is gedink dat N|uu , soos baie van Suider-Afrika se oorspronklike kliktale, uitgesterf het.
Maar in die laat 90’s, nadat die land oorgeskakel het na meerderheidsregering, het Elsie Vaalbooi, ’n N|uu -spreker, op plaaslike radio ‘n be-roep op ander sprekers gedoen om na vore te kom.
Dit het geblyk dat daar ongeveer 20 verouderende sprekers van die taal in die Noord-Kaapstreek was.
Dr  Katrina Esau, ‘n merkwaardige vrou en kampvegter vir die behoud van haar moe-dertaal, is verlede jaar met ‘n eredoktorsgraad deur die Universiteit van Kaapstad (UK)  toegeken.
Dit was ter erkenning van haar lewenslange verbintenis tot die behoud van die taal.
Die universiteit het gesê Ouma Katrina, soos sy met liefde bekend staan, het dit haar lewenstaak gemaak om die taal te onderrig en die jeug op te voed oor ander unieke tradisies van die San-mense.
Sy het ‘n doktorsgraad in letterkunde (honoris causa) ontvang deur UK-kanselier dr Precious Moloi-Motsepe tydens ‘n gradeplegtigheid vir die geesteswetenskappe-fakulteit.
Ouma Katrina het haar eredoktorsgraad gevoeg by die Orde van die Boabab in Silwer wat in 2014 deur destydse president Jacob Zuma toegeken is.
In 2022 was Ouma Katrina ook medeskrywer van die N|uuki-Namagowab-Afrikaans-Engelse woordeboek wat in 2023 die gesogte ATKV-Woorde Toekenning Woord Veertjie-toekenning gewen het.
Alle deelnemende kinders sal vervoer word na en van die plek waar die klasse aangebied word en hulle sal ‘n gesonde versnapering geniet.
Hierdie projek word binne die Internasionale Dekade van Inheemse Tale (IDIL) geraam en moontlik gemaak danksy die ruim ondersteuning van Palms for Life Fund, African Tongue, die Sandile Present Community Library en die Vlytige Bejaardes-sentrum.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Nathalie Cloete (plaaslike koördineerder vir Palms For Life Fund) by 082 431 7947 of Claudia Snyman by 064 966 3779.