Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KENHARDT: Sedert die geboorte van Team Gin - ‘n meisies rugbyspan van Kenhardt - in Februarie 2022 - het hierdie span behoorlik opslae in die skole rugbywêreld  gemaak!

Stigter en afrigter, Gabriël Titus, het die meisies gehelp om die span te begin en baie deure het vir die dames oopgegaan in die laaste twee jaar.

In Julie vanjaar het vyf van Team Gin se meisies Elneisha Esau, Jazlien Witbooi, Cageley Jors, Aneshia Steenkamp en Zondrea Speelman vir hulself plek losgespeel in die Griekwa 0/16 span - terwyl een van die meisies - Aneshia Steenkamp gekies was as die onder-kaptein  en Zondrea Speelman as die kaptein vir hierdie span.

Read more …Kenhardt se Team Gin het dryfkrag!