Die Gemsbokkies Toutrekklub het onlangs hul stempel in die toutrek-wêreld afgedruk tydens ‘n byeenkoms op Landboudal - toe die Gemsbokkies in al hulle afdelings eerste plek behaal het.
Die kragtige Gemsbokkies het bewys dat hulle ‘n eenheid is wat saamwerk om sukses te behaal.
Saam het die toutrekkers ‘n baie indrukwekkende vertoning gelewer by ‘n byeenkoms waar altesaam 281 trekkers uit 12 skole en klubs was - wat in 89 spanne getrek het.
Die klub bestaan tans uit 55 lede, en elke week sluit ‘n nuwe gesiggie aan.
Die Gemsbokkies beskou hulself as ‘n familie, waar elke lid belangrik is.
Hulle is trots op die sport wat hulle beoefen en gee altyd hulle beste.
Die span fokus nie net op prestasies nie, maar ook op die pret en ondersteuning binne die klub.