Die Griekwaland-Wes Tweekamp Kampioenskappe het op 17 Februarie in Kathu plaasgevind en was een van die grootste geleenthede vir die seisoen tot dusver, met meer as 100 atlete wat meegeding het.
Die kampioenskappe is gehou om die atlete te kies wat Griekwaland-Wes gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe aan die einde van Maart in Bloemfontein.
Weereens het die atlete hul potensiaal gewys met onvergeetlike deursettingsvermoë deur beide jong en oud. Die jongste atleet van die dag was slegs 6 jaar oud, terwyl ons oudste atleet van 70+ gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
Die skoolkompetisie is gehou om te bepaal watter skole sou meeding saam met die beste skole in Suid-Afrika.
Die wenner van die laerskoolafdeling was Oranje-Noord en die hoërskoolafdeling is toegeken aan Curro Kathu.
Die atmosfeer was gelaai met opwinding soos atlete hul vaardighede getoon het in die hardloop en swem.
Die gemeenskap het die geleentheid gebruik om die talent en vasberadenheid van plaaslike atlete te ondersteun.
Die kampioenskappe het nie net atletiek nie, maar ook gemeen-skapsgees en verbintenis tot gesonde leefstyl bevorder. Dit het aangetoon hoe sport ‘n magtige instrument kan wees om die gemeenskap te verenig en jongmense te inspireer om hul drome na te streef.
Beste Laerskool atleteet was Lily Visser en Christiaan Mostert.
Beste Hoërskool atleet gaan aan Johan Louw En Mia Groenewald.
Met die sukses van hierdie kampioenskappe is daar groot verwagtinge vir die Griekwaland-Wes Tweekamp span wat binnekort Bloemfontein toe gaan vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Die gemeenskap hou hul duime styf vas vir hulle sukses en glo in hul vermoë om die provinsie met eer te verteenwoordig.