Kenhardt Hoërskool het Carlton-Van Heerden o.19 hier op ‘n pragtige grasoppervlakte van Rosendal se sportveld welverdiend met 24-7 geklop. Carlton het met ‘n lustelose vertoning vorendag gekom en het by tye goue geleenthede deur hul vingers laat glip. Daarteenoor het die besoekers hul kanse deeglik benut en was hulle op die dag se sel beslis die beter span. Kenhardt was rustyd voor met 7-0. Nà die omdraaislag het Kenhardt met mening die krane begin oopdraai en nog drie drieë gedruk. Kenhardt se groot uitblinker was Carl Esterhuizen (buite- senter) wat twee puik drieë vir sy span gedruk het. Carlton kon net antwoord met ‘n enkele drie deur sy slotvoorspeler Christiano Snyders wat man alleen sy hart uitgespeel het.
Hoërskole wys hul staal by Rosendal Sportbyeenkoms
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode