GEMSBOK-UPINGTON: Die twee Martiz-broers, Gerhard en Johan Maritz, het onlangs aan wêreldklas kompetisies in Bloemfontein deelgeneem.
Hulle skiet al van jongs af. Gerhard en Johan Maritz het grootgeword op hul ouers se plaas (Broden), waar hulle as jong seuns al kennis gemaak het met gewere wanneer daar gejag word .
Hul ouers, Johan en Ina Maritz, het albei Protea kleure in Bisley Skiet, gevolglik wou hulle in dieselfde voetspore volg.
Pa Johan moes sorg dat hulle die regte toerusting kry en so was hulle in ‘n goeie leerproses.
In hul vroeër hoërskooljare het hulle reeds aan die jaarlikse SA Bisley Kampioenskappe op die De Wet Skietbaan buite Bloemfontein deelgeneem.
Gerhard en Johan was toegewyd in hul sport en behaal albei hul Protea kleure in die O/19 spanne aan die einde van hul onderskeidelike hoërskooljare.
Daarna behaal hulle kleure in die O/25 spanne. Die spanne het ook oorsese kompetisies in Australië en Engeland ingesluit.
Hulle verwerf Senior Protea kleure in 2015 en sedertdien was hulle deel van die span, wat teen die internasionale spanne meeding, wat na Suid Afrika kom vir die Bisley kompetisie.
Nou onlangs, in Maart, was die SA Bisley Indivduele Skyfskiet kompetisie, in kort en lang afstande, geskiet.
Die week daarna is die SA Wêreldbeker Lang-afstand Skyfskiet in Bloemfontein aangebied.
Met die Indivduele SA’s het Johan die 5 de plek behaal in die Groot Totaal, kort afstande (300m, 500m, 600m) en lang afstande(800m & 900m), tellings word bymekaar getel. Gerhard was in die 25ste plek.
Daar was 335 skuts in totaal wat deelgeneem het, oorsese skuts ingesluit.
Hierna het die Wêreldbeker deel gevolg.
Spanne van Australië, Amerika, Brittanje, Duitsland en Japan het eers deelgeneem aan die individuele afdeling en kompeteer in die 700m,800m en 900m afstande .
Met die Indivduele 900m, het Gerhard die goue medalje gewen en in die Groot Totaal, die 10de plek behaal.
Die Internasionale spanne was hierna die groot wedstryd - watter land se skuts is die beste?
Daar was oor twee dae die 3 afstande geskiet.
Die Proteas het voordeel van die baan gehad, maar die Australiërs het met die louere weggeloop. Brittanje was 2de en die Proteas het die brons medalje gewen!