Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 

Upington Tweekamp se Liga 2 - en fondsinsameling - het plaasgevind te midde van ‘n skroeiende 40 grade hitte op 10 November, maar dit het nie die opwinding gedemp nie!
Hierdie geleentheid het nie net ‘n wonderlike saamtrek van atlete gebring nie, maar ook ‘n geleentheid gebied om die gemeenskap se hand te vat en fondse vir Solidariteit se Helpende Hand in te samel.
Die warm temperatuur het nie die deelnemers ontmoedig nie - en die liga het ‘n nuwe hoogtepunt bereik met ‘n indrukwekkende 100 atlete wat meegeding het. 


 Die dag was nie net ‘n suksesvolle sport-geleentheid gewees nie, maar ook ‘n wonderlike manier om samewerking in die gemeenskap te bevorder.
Een van die hoogtepunte van die dag was die spankompetisie, waar ‘n span bestaan het uit een ouma of oupa, een ma of pa, en een kind. 
Hierdie kompetisie het ‘n hartverwarmende dimensie bygevoeg waar almal betrek was en het die dag soveel pret gemaak. 
 Die dag is aangebied deur Laerskool Oranje-Noord en dit was ‘n reuse sukses en pret dag gewees. 
Kelvin Riley het tweede in sy ouderdomsgroep geeindig, ‘n prestasie om op trots te wees. Tannie Cecilia Bray was die senior atleet van die dag op 72 en Jana du Plessis die jongste op 5 jaar. 
 Die dag was ‘n wonderlike manier vir die gemeenskap om hul ondersteuning te toon en saam te staan vir ‘n goeie doel. Die liga het bewys dat ‘n gemeenskap sterk staan wanneer hulle saam staan.