Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die AfriForumtak in Rustenburg het in Januarie die gebied skoon en netjies gemaak deur ses hektaar gras te sny. 
Die tak het sy aandag toegespits op toegegroeide groen stroke en parke. Die span het die parke op die hoeke van Kerk- en Bultstraat en Kruger- en Bultstraat getakel, asook die groen strook op die hoek van Schuurmanstraat en Kloofweg. Die park agter Bobbies-rugbyklub is ook skoon gesny.

“Parke met uitermatige lang gras hou talle risiko’s vir die gemeenskap in. Dit bied ’n gerieflike skuilplek vir onder andere misdadigers, dwelmgebruikers en haweloses. Dit is daarom van uiterste belang om die gras gereeld kort te sny om hierdie elemente te ontmoedig om die gebied te betree,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot-Marico.
“AfriForum se Rustenburgtak het ontsettend baie werk wat voorlê, maar saam met die gemeenskap se hulp kan hierdie spannetjie dit gedoen kry,” sê Jan van Zyl, projekleier van AfriForum se Rustenburg-tak. “Ons is geweldig trots op Rustenburg, daarom sal ons aanhou om daarvoor te sorg en dit in ’n goeie toestand hou,” voeg Van Zyl by.
AfriForum se Rustenburgtak nooi die gemeenskap uit om deel te word van ’n burgerregteorganisasie wat hom beywer vir ’n vry, veilige en voorspoedige Suid-Afrika. “Saam kan ons die waarde van skoon begraafplase en parke benadruk en ’n positiewe impak op ons gemeenskap hê. Die gemeenskap se deelname en samewerking is onontbeerlik om hierdie doel te bereik,” sluit Viljoen af.
Kontak Dawie Conradie van AfriForum se Rustenburgtak by 082 930 9905 om betrokke te raak by toekomstige projekte en aktiwiteite of besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.