Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Baie van ons sien uit na die Olimpiese Spele wat eersdaags begin, maar vir Barend Smit, Rustenburger vir amper 30 jaar, is die grootste sportgebeurtenis in sý dagboek die 2024 CrossFit Games in Texas, wat op 8 Augustus in die Verenigde State van Amerika afskop.
Smit (32) is deel van die CrossFit Tijger Valley RELENTLESS-span onder spankaptein Henri Meiring, saam met Janine Penniall en Lani Venterexas. Aldrie sy spanmaats woon tans in Gauteng, maar Meiring was voorheen ‘n inwoner van Rustenburg en het in 2022 met Smit kontak gemaak en soos die spreekwoord sê - die res is geskiedenis. 

Geskiedenis inderdaad. Smit se CrossFit-hoogtepunt om op internasionale vlak deel te neem het aangebreek na bykans ‘n dekade van vroeg opstaan, daaglikse urelange oefensessies (wat mens net moeg maak om daarvan te hoor) en intense toewyding wat menige van ons sal laat heroorweeg of Smit “regtig egtig” ‘n mens is (en nie dalk Superman nie).
Smit is ‘n professionele CrossFit-afrigter en meen dat dié sport die wenresep is om “algehele gedaanteverwisseling te ondergaan. Jy word die beste weergawe van jouself - fiks en gesond.” Smit se gymlede wissel in ouderdom van 11 tot 60 en dit is beslis ‘n bewys van die sport se diversiteit en aanpasbaarheid in individuele oefenstyle.
Dít is ook waar van die CrossFit Tijger Valley RELENTLESS-span. Smit beskryf die vier as ‘n span wat bloot net goed “gel”. “Ons verstaan mekaar goed en dra mekaar. Dit is moeilik om in woorde uit te druk hoe ek voel oor ons span se prestasie.” 
Dat dit wel ‘n prestasie waardig van internasionale erkenning is, kan nie betwis word nie. CrossFit Tijger Valley RELENTLESS is die enigste span van die Afrika-kontinent wat genooi is om aan die CrossFit Games deel te neem. Die spele duur vier dae en sluit items soos fietsry, swem, gewigoptel, liggaamweerstandsoefeninge, hardloop en vele ander items in. Die uitgawes gekoppel daaraan om aan ‘n gleentheid op hierdie skaal deel te neem is dus hemelhoog en die span het ‘n gelukkige trekking in die lewe geroep om van hul uitgawes te dek. 
Kaartjies vir die gelukkige trekking word verkoop teen R300 en die inskrywings sluit op 20 Julie 2024. Om in te skryf, WhatsApp Barend op 072 768 6238. Hoe meer inskrywings jy het, hoe groter is jou kans om een van die groot prys van ‘n sewe-nag wegbreek in St. Francisbaai of ‘n vyf-nag wegbreek in Hibberdene (of ander lekker pryse) te wen.
As jy wil bydra by wyse van donasie op borgskappe kliek op dié skakel: https://bit.ly/crossfittijgervalley
Volg Barend op Instagram: @barend_smit