Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Afrikaanse spreekwoord lui: “Vele hande maak ligte werk” en daar is geen twyfel dat dié ingesteldheid uitgeleef word deur die plaaslike tak van Solidariteit se Helpende Hand nie.
Verteenwoordigers van Rustenburgtak het laas week die kinders by Lighthouse Children’s Home bederf met kolwyntjies wat hulle self kon versier (ook met “sprinkles”), toe die wintervakansie bietjie te uitgerek begin voel het. Met die leuse van “Vir die gemeenskap, vanuit die gemeenskap”, is die werk van Helpende Hand daarop gefokus om die gemeenskap te laat saamwerk om ‘n verskil te maak.

Elkeen se bydrae is betekenisvol en vir die projekleiers is dit lekker om die geluk en glimlagte op gesigte te sien.
Die jongspan is bekend gestel aan die verteenwoordigers van Helpende Hand wie aan hulle verduidelik het wat die betekenis agter hande wat help, eintlik behels. Hulle is ook uitgedaag om hul eie hande beskikbaar te stel om hul maats, mense van die publiek en enige mense rondom hulle by te staan deur “hand ‘n by te sit.” Die kinders was ongelooflik opgewonde toe hulle die blou, oranje en groen kolwyntjies tesame met koeldranke op die piekniektafels uitgepak sien staan en die verwondering was groot toe hulle gesê is dat hulle self hul kolwyntjies kon versier en boonop kon uitruil met mekaar. Elkeen het ook ‘n pakkie lekkergoed ontvang - genoeg om vir ‘n paar dae te bêre!
Enige gemeenskapslede wat wil betrokke raak by Helpende Hand kan ‘n e-pos stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.