Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Dr Cecilia Klopper van CURAparent, ‘n onderwyskundige en medewerker van Afrikaans.com en ontwikkelaar van                    Afrikaans.com se matriekklaskamer, gee in hierdie artikel nuttige riglyne en wenke om eksamenvoorbereiding en -stres ore aan te sit.
“Ons wou weet wat ouers kan doen om hulle kinders in die voorbereiding vir eksamens te ondersteun. Dr Klopper sê dat ‘n rustige leerklimaat by die huis die belangrikste is en kinders moet ‘n stil plek hê waar hulle ongestoord kan studeer.

Sy beveel ook aan dat ouers riglyne en hulpbronne vir alle vakke aankoop, want dit sal hulle insig gee in die kurrikulum. Sy beveel Die 3-in-1- Vraag-en-Antwoord-reeks aan. Daar is ook heelwat gratis hulpbronne op Afrikaans.com en die internet beskikbaar. 
Nog riglyne: Laai vir hulle vraestelle met memorandums van die laaste drie jaar af in al hulle vakke. Hou maar ’n ogie dat hulle genoeg slaap en gesonde kos uit al vyf die voedselgroepe inkry. Dit is ook nodig dat leerders genoeg moet ontspan en oefen. Gee vitamienaanvullings as jy sien jou kind het min energie. Indien leerders enigsins probleme ondervind met skoolwerk, reël onmiddellik ekstra akademiese hulp. 
Wanneer moet voorbereiding vir die eindeksamen begin? As jy die jaar in Januarie aanpak, moet jy vooruit beplan en op dag een jou werk begin organiseer en daagliks in klein porsies bemeester. Graad 12-leerders moet hul akademiese voorbereiding goed beplan. Begin sommer dadelik en druk of koop ’n jaarplan wat in dae/maande ingedeel is. Plak dit iewers op sodat jy met een oogopslag die hele maand/kwartaal se aktiwiteite kan sien. Skryf nou alle belangrike datums daarop. Dit sluit in: Toetse, eksamens, sperdatums, toere, partytjies, kerk asook buitemuurse oefeninge, wedstryde en kampe.
Laai vraestelle van die laaste drie jaar af, beantwoord dit en vergelyk jou antwoorde met die memorandums op dieselfde webtuistes. Dit is gratis. Hier is nuttige webtuistes: https://www.afrikaans.com; https://www.education.gov.za; https://www.sapapers.co.za. 
Jy kan ook bloot ’n spesifieke vraestel en memorandum op die internet soek, byvoorbeeld: Graad 12 Afrikaans Huistaal, Vraestel 1, November 2022. 
Daar behoort verskeie opsies van verskaffers te wees. Dit is gratis aflaaibaar. 
Beantwoord die vraestelle en vergelyk die memorandums met jou antwoorde. Kyk wat het jy verkeerd gedoen en leer so uit jou foute. Dit is baie belangrik dat jy sien hoe die vrae gestel word en wat die eksaminator as antwoord verwag. Kyk ook na die puntetellings. Daar behoort twee tot drie stelle vraestelle vir elke jaar te wees – Mei/Junie, wat die aanvullingseksamens is, asook dan die rekord- en eindeksamenvraestelle in November.”
Lees die volledige artikel hier: 
https://bit.ly/eksamenvoorbereiding