Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die tyd het uiteindelik aangebreek en die tafels is gedek vir die fees van alle feeste wanneer die NG Rustenburg Moedergemeente eerskomende naweek van Vrydag, 24 Januarie tot Sondag, 26 Januarie, sy 175ste bestaansjaar vier. 
Die gemeente nooi sy lidmate en alle belangstellendes in Rustenburg om die pad van herinneringe asook die toekomspad hierdie naweek saam met die gemeente te stap en word aangeraai om vir dié spesiale uitstappie ‘n paar pare van die regte skoene gereed te sit. 

Onthou - trek Vrydag, 24 Januarie, om 19:00 jou deftige skoene aan vir die klassieke musiekaand saam met orrelis Pieter van den Berg en trompetspeler Braam van Tonder in die kerkgebou. 
Hierdie gaan ‘n aand van asemrowende musiek wees en musiekliefhebbers moet dit onder geen omstandighede misloop nie - toegang is gratis! 
Onthou die hardloop- of stapskoene reeds vroegoggend (07:30) van Saterdag, 25 Januarie, wanneer die dag se feesprogram met ‘n pretloop van 4km afskop. Inskrywings word reeds vanaf 06:30 geneem en beloop R10 per persoon. 
Hierna is dit tyd vir die gemaklikste skoene in jou kas wanneer die fees in al sy glorie geniet kan word en wanneer feesgangers van stalletjie tot stalletjie kan drentel, allerlei geselsies kan maak en stalletjies kan ondersteun. 
Onthou - ontbyt is vanaf 08:00 beskikbaar en daar is ook boeresport, ‘n springkasteel vir die kleingoed en baie pret van 08:00 tot 12:30. Neem gerus ‘n lootjie vir ‘n handgemaakte dolk deur ‘n vooraanstaande mesmaker en jy kan dalk die eienaar van die enigste mes van sy soort in die wêreld word.
 Die dolk is gemaak van 5160 hoë koolstof-staal, die hef is van ivoor en die bolster is van vlekvrye staal. Slegs 50 lootjies is beskikbaar teen R1 000 per lootjie. Die dolk is waardeer vir R18 000 en dit is vir ‘n goeie doel. Ondersteun die kerk deur vir Jurie by 082 882 5138 of vir André by 079 816 9996 te skakel. 
Op Sondag, 26 Januarie, trek jou  blinkgepoetsde kerkskoene aan en kom sluit die naweek met ‘n spesiale feesdiens en ‘n nagmaal af. 
Die diens begin om 09:00 - die NG Rustenburg Moedergemeente hoop om Rustenburgers in groot getalle by die gemeente te sien - onthou, almal is welkom!