Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Rustenburgers en veral liefhebbers van klassieke musiek word genooi om 'n betowerende klassieke musiekaand op Vrydag, 24 Januarie, met die bekende orrelis en trompetspeler Pieter van den Berg en Braam van Tonder te geniet. Hierdie is een van talle hoogtepunte rondom die 175ste bestaansjaarvieringe van die NG Moedergemeente in Rustenburg. 
Braam en Pieter speel al sedert 2006 as inwoners van die Vrystaat saam en as huidige inwoners van Pretoria bied hulle saam die program LeefJouLied op PretoriaFM aan - hierdie is 'n kerkmusiekprogram op Sondagoggende.

Pieter is orrelis van die NHK Pretoria-Oos en deel van die VONKK-kommissie. Braam is musiekonderwyser by Affies Seunskool en tree gereeld saam met orkeste regoor Suid-Afrika op. Die aand van klassieke musiek open om 18:30 vir 19:00 en klassieke musiek-geesdriftiges sal baie wys wees om nie hierdie uitvoering mis te loop nie.
Maar musiek is uiteraard nie die enigste item op die program vir die NG Rustenburg Moedergemeente se 175ste bestaansjaarvieringe van Vrydag 24 Januarie, tot Sondag, 26 Januarie, nie. 
Op Saterdagoggend, 25 Januarie, kan buitelug-geesdriftiges en die spreekwoordelike langasems aan 'n pretloop oor 4km by die kerk gaan deelneem. Inskrywings word vanaf 06:30 by die kerk geneem en die inskrywingsfooi is R10 per persoon. Die wegspring is om 07:30.
Die program vir die amptelike feesnaweek is soos volg: 
Vrydag, 24 Januarie
19:00: Orrel- en trompetuitvoering deur Braam van Tonder (trompet) en Pieter van den Berg (orrel).
Toegang: Gratis
Saterdag, 25 Januarie
07:30: Pretloop begin
Inskrywings vanaf 06:30 @ R10 per persoon;
Heerlike ontbyt vanaf 08:00;
Stalletjies vanaf 08:00.
Sondag, 26 Januarie
Nagmaaldiens om 09:00.
WhatsApp 064 837 0709 vir meer besonderhede.