Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die uniforms is aangepas, gewas en gestryk, die hare is gesny, die tasse is gepak en die skoene is gepoets. Dié is die stand van sake in menige huise, want Woensdag, 15 Januarie is D-dag vir die 2025-skooljaar. In die huis van die Le Roux-gesin van Rustenburg is dit egter nie net die vier spreekwoordelike orrelpypies wat weer moet begin wekker stel nie, maar ook mamma Phia en pappa Eben. Die Le Rouxs is ‘n gesin wat van opvoeding ‘n lewenspraktyk en waardesisteem maak en soos Phia Jnr dit stel: “Ons ouers lei deur hulle voorbeeld.” Phia Jnr (middel agter) is hierdie jaar in graad 11 en dien op die Verteenwoordigende Leerderraad by Hoërskool Rustenburg.

Sy en sus Laurika (links voor) is albei kwartaalliks in die Top Tien van hul onderskeie grade. Hul is dus sterk op pad om te volg in die voetspore van pa Eben wat ‘n doktorsgraad aan die University of Manchester verwerf het, asook ma Phia wat ‘n meestersgraad in opvoeding aan dié universiteit (ja, in Engeland) verwerf het. Kort op hulle hakke is Annamarie in graad 6 by Lebone II College of the Royal Bafokeng (toppresteerder in graad 5 in 2024) en blinkoog Abraham in graad 3 (ook by Lebone). Phia Snr is tans departementshoof by die Intermediêre fase by Lebone en Eben is ‘n bestuurder en lektor by Mukhanyo Theological College in Rustenburg. Rustenburg Herald is seker daar is min ander families wat die Le Rouxs se rekord van ses gesinslede wat terugkeer skool toe kan ewenaar of selfs verbeter - of hoe? Foto: Waldie Volschenk