Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Een van die grootste mylpale in die reisplan van enige individu, ondernemings of plaaslike instansies word in Januarie 2025 gevier wanneer die NG Rustenburg Moedergemeente sy 175ste bestaansjaar herdenk. 
Rustenburgers en trouens, alle NG-lidmate of ander belangstellendes, word genooi om saam met die gemeente te reis op die pad na sy feesvieringe van 24 tot 26 Januarie aanstaande jaar. Almal word natuurlik genooi om hierdie luisterryke geleentheid prominent in hul dagboeke aan te teken en die feesvieringe te ondersteun - meer besonderhede hieroor sal binnekort aangekondig word. 

Vandeesweek - ‘n kort oorsig na dié gemeente se hoekstene wat deur die loop van jare gelê is ten einde bepaalde mylpale in die geskiedenis van die gemeente af te baken. Die oorspronklike hoeksteen uit sandsteen is op 23 April 1898 deur kommandant-generaal Piet Joubert gelê. Joubert was in daardie stadium visepresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek. 
Op 20 April 1935 word ‘n bykomende graniethoeksteen bygevoeg met identiese bewoording. In 1950 vier die gemeente sy eeufeesviering waartydens ‘n bykomende marmer-gedenkplaat in die kerk opgerig is. 
Nog ‘n belangrike stukkie geskiedenis wat deur ‘n besondere gebeurtenis geboekmerk is, het in 1975 gevolg toe die Raad van Nasionale Gedenkwaardighede se monumentekomitee ‘n gedenkplaat by die kerk aangebring het nadat restorasiewerk aan die kerkgebou voltooi is. In voorbereiding op die gemeente se 175ste bestaans-jaarvieringe is ‘n uitgebreide restorasieprojek by die gemeente tans in volle swang. 
Die gemeente is uiters opgewonde oor die huidige restorasiewerk en sien daarna uit om die kerk se grootste mylpaal vroeg in Januarie 2025 saam met Rustenburgers te vier.