Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Dames van Rustenburg, teken die datum van 31 Augustus aan in jul dagboeke, vir die geleentheid om Willem Botha se Make-up Masterclass by te woon by Hedgehog's Nest!
Aangebied deur Brutusbree Events, belowe dié dag ‘n unieke geleentheid vir vroue om direk by Willem te leer oor grimeerwenke en -tegnieke en dan natuurlik ook om sy reeks produkte wat hy gebruik "in aksie" te sien.

Willem Botha het al menige persoonlikhede opgetooi vir fotosessies vir tydskrifvoorblaaie, en dames van die Platina-omgewing sal dus baie praktiese en professionale advies kry van om hoe om daagliks te skitter soos ‘n voorbladster! 
Willem Botha Beauty bring hul volle reeks produkte na die geleentheid sodat elke dame dit kan uittoets. Die werkswinkel is nie net ‘n geleentheid vir die aanleer van grimeertegnieke nie, maar ook vir gesellige kuier en lag, die maak van nuwe herinneringe saam met familie en vriendinne, 'n heerlike ligte ete en drinkgoed, alles onder die sambreel van Willem se ongelooflike kennis en professionaliteit. Die geleentheid bied 'n unieke ervaring om kennis op te doen wat jou nog lank sal bybly! Die oggend se verrigtinge skop af om 11:00 en die Willem Botha-span se opgewondenheid is groot om die dames van Rustenburg in godinne om te tower!
Kaartjies beloop vanaf R450 tot R795 en besprekings kan op WhatsApp gemaak word. Daar is 10% afslag vir die eerste 20 Rustenburgh Herald-lesers wat kaartjies bespreek en ten volle betaal teen 20 Julie 2024. WhatsApp die woord ""RTB Herald" na 072 559 4635. Terme en voorwaardes geld.
Besoek ook gerus Brutusbree Events op Facebook vir meer inligting, aangesien stalletjiespasie en ander bemarkings-geleenthede beskikbaar is op die dag.