Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - KGASWANE - Vernietigende veldbrande het sedert Woensdag verlede week vir die soveelste keer uitgebreide skade in natuurlike weiding, veld en infrastruktuur in die Kgaswane Natuurreservaat teen die suidelike hange van die Magaliesberg aangerig terwyl berigte van woonhuise en soortgelyke privaateiendom wat vernietig of erg verniel is, ook van nie-amptelike woordvoerders ontvang is.

 Brandspanne en vrywilligers moes vir feitlik dae lank onverpoosd krom staan en die vlamme, hitte en uitputting trotseer ten einde die vlamme oor ‘n uitgebreide gebied te beveg. 
Volgens mnr Piet Nel, waarnemende bewaringshoof van die Noordwes Parke- en Toerismeraad het die jongste brand verlede Woensdag (25 September) laatmiddag ontstaan toe natuurlike veld weens ‘n godsdienstige ritueel waarin brandende kerse gebruik is, vlamgevat en vinnig buite beheer geraak het. Hoewel die brand vinnig versprei het, is dit teen Woensdagaand geblus, het Nel vertel. Die verligting was egter van korte duur en sterk winde wat gedurende die nag en veral vroegoggend van Donderdag, 26 September, begin waai het, het die smeulende gras weer vinnig laat opvlam en minstens twee vure op verskillende plekke tot gevolg gehad. 
Een van die vure het teen die Magaliesberg af gebrand en het Donderdagaand in die noordelike kloof in gebrand. As gevolg van sterk wind kon die brand nie beheer word nie en dit het een van die hutte by die Kgaswane Natuurreservaat se groepkamp in puin gelê. Die brand het daarna verder suid gebrand en oor die koppie in die rigting van die suidoostelike kloof gebrand. 
Hier het brandspanne ure lank geswoeg om Kgaswane se konferensiefasiliteite te red, waarna die brand teen die waterstroom doodgebrand het. 
Teen Vrydag was die brande in ‘n stadium heeltemal onder beheer, hoewel Vrydagaand/Saterdagoggend sterk wind weer eens opgevlam het, oor die stroom “gespring” het en in die suidoostelike kloof af gebrand het.  
“Buitengewoon sterk wind en onbegaanbare terrein het dit baie moeilik gemaak om die vlamme te beheer,” het Nel Dinsdag aan die Herald gesê. Die brande is Saterdagmiddag hoofsaaklik weens ‘n kort reënbuitjie, onder beheer gebring. “Ons aanvanklike beramings is dat sowat 3 000 ha (66%) van die reservaat nou reeds afgebrand het. 
“In Augustus was daar ‘n brand waartydens die vlei-area afgebrand het en deur ‘n brandende sigaret veroorsaak is. Dié gedeelte het egter sedertdien mooi uitgeloop en die meeste van die wild wei nou daar. Daar is darem nog gedeeltes weiding oor en ons dink nie ons sal probleme met te min weiding hê nie”, het hy gesê. 
“Kgaswane het in die brand egter twee hutte verloor - een by die groepkamp en een van die hutte op die staproete. In dié stadium is ons bewus van slegs een mortaliteit, naamlik ‘n sebra wat deur die vlamme vasgekeer en lelike brandwonde opgedoen het en ongelukkig uitgesit moes word.” 
Maar weer eens was dit nie die laaste van die vlamme nie en die veld het Sondagmiddag weer in sekere gebiede opgevlam. Brand-bestryders was Maandagoggend steeds besig om teen die vlamme te veg en die hulp van ‘n helikopter is ingeroep toe Rustenburg Herald Maandag met Nel in gesprek was. Hy was in daardie stadium positief dat die vlamme nog dieselfde dag geblus sou word. Hy het egter gewaarsku teen die onoordeelkundige begin van vure, veral in Kgaswane.  “Die onherbergsame terrrein en wind maak dit vir brandspanne uiters moeilik om vure te beveg om van die hulpbronne wat benodig word nie te praat nie, omdat dit uiters gevaarlike werk is om vlamme in onherbergsame areas te probeer beveg”, het hy gewaarsku.  
Gerugte van eienaars wat huise en soortgelyke infrastruktuur wat teen Kgaswane grens, in die jongste voorval verloor het, het inderdaad oor die naweek soos die spreekwoordelike veldbrand in Rustenburg versprei, hoewel geen van hierdie gerugte bevestig kon word nie. Rustenburg Herald het wel foto’s onder oë gehad van eiendom wat erg deur vlamme beskadig is, hoewel ons nie kon vasstel waar hierdie eiedom geleë was nie.